Klagtes teen oud-soldaat oor gepoogde staatsgreep in Sierra Leone ‘n Oud-soldaat wat glo die man agter die mislukte staatsgreep in Sierra Leone is, Amadu Koita, en nog 11 mense, staar hoogverraadklagtes in die gesig na die poging in November. Koita, die voormalige lyfwag van president Ernest Bai Koroma, was krities op sosiale media teenoor president...
Tag: Staatsgreep
Sierra Leone ontbied oudpresident na poging tot staatsgreep
Sierra Leone ontbied oudpresident na poging tot staatsgreep Die Sierra Leone-polisie het oudpresident Ernest Bai Koroma ontbied as deel van hul ondersoek na ‘n mislukte staatsgreeppoging op 26 November, het Chernor Bah, minister van inligting, gesê. Hy is 24 uur gegee om in Freetown aan te meld. Volgens Koroma is hy gereed om die ondersoek...
Risiko van staatsgreep hoog in Lesotho
Risiko van staatsgreep hoog in Lesotho ‘n Koalisie van 11 politieke partye in Lesotho, wat poog om ‘n mosie van wantroue teen premier Sam Matekane in te stel, het sy beroep op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap teëgestaan en sê die land het sedert sy mosie ‘n kwasi-polisie en militêre staat geword. Die koalisie voer aan die...
Namibië veroordeel staatsgreep in Gaboen – Kosmos 94.1
Namibië veroordeel staatsgreep in Gaboen Die Namibiese regering het die poging tot ‘n staatsgreep in Gaboen en die aanhouding van President Ali Bongo Ondimba en sy gesin vandag veroordeel. In ‘n verklaring deur die ministerie van internasionale betrekkinge, het die uitvoerende direkteur Penda Naanda verklaar die poging tot staatsgreep is ‘n blatante skending van die...
Staatsgreep in Gaboen, na verskiesing – Kosmos 94.1
Staatsgreep in Gaboen, na verskiesing ‘n Groep senior Gaboenese weermagoffisiere het op nasionale televisie aangekondig hulle het die mag oorgeneem nadat die verkiesingskommissie bekend gemaak het President Ali Bongo het ‘n derde termyn gewen. Hy het 64,27 persent van die stemme op hom verenig teenoor die 30,77 persent van sy belangrikste teenstander, Albert Ondo Ossa....
Niger kry eerste interne weerstand teen staatsgreep – Kosmos 94.1
Niger kry eerste interne weerstand teen staatsgreep ‘n Voormalige rebelleleier en politikus in Niger het ‘n beweging geloods wat die junta en die staatsgreep teenstaan. Dit is die eerste teken van interne weerstand teen die weermagleiers. Rhissa Ag Boula het vanoggend in ‘n verklaring gesê sy nuwe Raad van Weerstand vir die Republiek het ten...
Frankryk steun Ecowas om staatsgreep in Niger te stuit – Kosmos 94.1
Frankryk steun Ecowas om staatsgreep in Niger te stuit Frankryk sê hy steun pogings deur lede van die Wes-Afrikaanse blok, Ecowas, om die staatsgreep in Niger te stuit. Die nuwe militêre junta het tot vanaand om terug te staan en grondwetlike orde te herstel of moontlike militêre ingryping in die gesig te staar. Die voormalige...
Russiese Wagner-groep verwelkom staatsgreep in Niger – Kosmos 94.1
Russiese Wagner-groep verwelkom staatsgreep in Niger Die militêre regerings van Burkina Faso en Mali het in ‘n gesamentlike verklaring gewaarsku dat enige militêre ingryping in Niger, as ‘n oorlogsverklaring teen hulle beskou sal word. Dit volg nadat die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state, Ecowas, gedreig het dat hy Niger se President Mohamed Bazoum, wat sedert die...
Weermagbevelvoerders in Niger steun staatsgreep – Kosmos 94.1
Weermagbevelvoerders in Niger steun staatsgreep Die bevelvoerders van die weermag in Niger het hulle steun toegesê aan die leiers van die staatsgreep. Die staatsgreep is uitgevoer deur lede van die presidensiële wag. Die weermag sê dit was noodsaaklik dat onbestendigheid in die land voorkom word, en dat die President, Mohamed Bazoum en sy familie se...
Afrika-unie veroordeel staatsgreep in Niger – Kosmos 94.1
Afrika-unie veroordeel staatsgreep in Niger Die voorsitter van die Afrika-unie se kommissie, Moussa Faki Mahamat, het die militêre staatsgreep in Niger veroordeel. Soldate in die Wes-Afrika-land het die staatsgreep op nasionale televisie aangekondig en gesê hulle het die grondwet opgehef, alle instellings ontbind en die land se grense gesluit. Mahamat sê die optrede van sekere...