Stormers en Bulle is in Kampioenebeker Die Stormers en die Bulle verteenwoordig Suid-Afrika in hierdie seisoen se Kampioenebeker, saam met 22 Europese spanne. Die kompetisie begin vanaand in Skotland wanneer die Glasgow Warriors teen Northampton Saints van Engeland speel. Die Bulle verwelkom Saracens môreaand op Loftus, met die kaptein van Engeland, Owen Farrell, wat die...
Tag: Stormers
Stormers is gereed vir die naweek
Stormers is gereed vir die naweek Die Stormers sê hulle gaan môre in die Welford Road-stadion spesiaal aandag gee aan Leicester Tigers se Wêreldbeker-wenners, Handré Pollard en Jasper Wiese. Die Kaapse span begin hulle tweede seisoen in die Kampioenebeker teen die Engelse span wat die rekord hou vir die meeste titels in die Premierliga. Pollard...
Oorwinnings vir Bulle, Leeus, Stormers
Oorwinnings vir Bulle, Leeus, Stormers Die Haaie het swaargekry op Loftus Versfeld, waar die Bulle se aanslag teen hulle ses drieë ingesluit het vir ‘n 44-10 oorwinning in hulle Verenigde Kampioenskap-wedstryd. In Johannesburg kon selfs ‘n rooikaart halfpad deur die eerste helfte nie die Leeus stuit nie. Hulle het Walliese span, Dragons met 49-24 kafgedraf....
Drie Springbokke versterk Stormers – Kosmos 94.1
Drie Springbokke versterk Stormers Die span van die Stormers is versterk met die terugkeer van drie Springbokke wat die Wêreldbeker ingepalm het. Agterspelers Manie Libbok en Damian Willemse, asook losvoorspeler Deon Fourie, is in die beginspan van hoofafrigter John Dobson opgeneem vir môre se kragmeting in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Italiaanse span, Zebre, in...
Stormers moet Saterdag oorwinning aanteken
Stormers moet Saterdag oorwinning aanteken Die Stormers is desperaat op soek na ‘n oorwinning in die Verenigde Rugbykampioenskap na ‘n segelose toer in Europa. Die Kaapse span is tans 12de op die punteleer en slegs die voorste agt kwalifiseer vir die Kampioenebeker. Die Stormers speel Saterdag in Stellenbosch gasheer vir Zebre, en het verskeie Springbokke...
Omstrede drie gee Cardiff oorwinning oor Stormers
Omstrede drie gee Cardiff oorwinning oor Stormers ‘n Omstrede drie wat aan die plaasvervanger stut, Rhys Litterick van Cardiff, in die 83ste minuut van hulle Verenigde Kampioenskapswedstryd teen die Stormers in die Walliese hoofstad toegeken is, het aan hulle ‘n oorwinning van 31-24 teen die Kaapstadse span besorg. Die Stormers keer nou terug nadat hulle...
Stormers, Haaie verloor teen Iere
Stormers, Haaie verloor teen Iere Munster het nou vier uit vier van hulle wedstryde teen die Stormers gewen nadat hulle teenstand gebied het teen ‘n sterk fisiese poging deur die Stormers in gure omstandighede op Thomond Park in Limerick, vir ‘n 10-3 Verenigde Rugby Kampioenskap-oorwinning. Vir die Stormers was dit nog ‘n frustrerende aand nadat...
Stormers kry loesing in Skotland
Stormers kry loesing in Skotland Die Glasgow Warriors het hulle indrukwekkende tuisrekord onder hulle afrigter Franco Smith voortgesit met ‘n 20-9-oorwinning oor die Stormers in Skotland. Die Stormers sit met nog ‘n Verenigde Rugby-kampioenskap-loesing na te veel ongedwonge foute en twee geelkaarte vir twee vinnig-opeenvolgende gevaarlike duikslae. Glasgow lê nou tweede op die punteleer, na...
Stormers skraap deur teen Leeus
Stormers skraap deur teen Leeus Die Stormers moes ‘n laat terugvegpoging van die Leeus afweer voordat hulle die Verenigde Rugbykampioenskapwedstryd op Ellispark in Johannesburg met ‘n skrapse 35-33 kon wen. Met 20 minute in die wedstryd oor, het die Stormers met 35-14 voorgeloop. Die Leeus het laat vier drieë geduk wat hulle twee bonuspunte besorg...