Sakereddingspraktisyn beloof deursigtige verkoop van Mango Die sakereddingspraktisyn van Mango, Sipho Sono, beloof die deursigtige verkoop van die laekoste-lugdiens, wat deur SAL besit word. Sono verduidelik SAL sal nie wins maak uit die verkoop nie weens ‘n gebrek aan bates. Hy sê die suksesvolle bieër moet die vermoë bewys om bedrywighede weer aan die gang...
Tag: verkoop
Verkoop van ‘lotto-gunslone-plaas’ gestop – Kosmos 94.1
Verkoop van ‘lotto-gunslone-plaas’ gestop Die Spesiale-ondersoekeenheid het die verkoop stopgesit van ‘n Limpopo-plaas wat glo gekoop is met gunslone uit ‘n mislukte bod vir die Statebondspele. News24 berig die voormalige uitvoerende hoof van die Nasionale Loterykommissie, Phillemon Letwaba en sy broer word aangekla van die ontvang van gunslone van organisasies wat geld van die lotery...
Kiss verkoop musiek, handelsmerk – Kosmos 94.1
Kiss verkoop musiek, handelsmerk Die rockgroep Kiss het sy musiekkatálogus, naam en handelsmerk aan ‘n Sweedse musiekbeleggingsfirma, Pophouse Entertainment, verkoop in ‘n transaksie ter waarde van meer as 5,6 miljard Namibiese dollar. Die Rock and Roll Hall of Fame-groep het oor die afgelope 50 jaar nagenoeg 100 miljoen albums verkoop. Die medestigter van Kiss, Gene...
Tshwane veroordeel onwettige verkoop van gratis water
Tshwane veroordeel onwettige verkoop van gratis water Die Stad Tshwane het die onwettige verkoop van water wat bedoel is vir gratis verspreiding in informele nedersettings veroordeel. Die stad het ontstellende nuus verneem van diensverskaffers wat nie gemeenskaplike JoJo-tenks vul nie, maar privaat tenks op privaat eiendomme, en dan die water verkoop. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike...
Meer diere op veilings in K4 2023 verkoop, vir minder geld
Meer diere op veilings in K4 2023 verkoop, vir minder geld Die vierde kwartaal van 2023 het ‘n skerp toename gesien wat vee wat op veiling verkoop is teenoor die vorige jaar. Daar is amper 83 000 diere in die tydperk verkoop teenoor net meer as 77 000 in 2022. Hiervan maak bees die meerderheid...
SAL moet dringend verkoop word
SAL moet dringend verkoop word ActionSA sê dit is duidelik dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens-Takatso Konsortium-transaksie in duie gestort het weens die gebruiklike interne teenkanting binne die drieparty-alliansie, téén die aangekondigde maatreëls om die nasionale lugdiens te privatiseer. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het gister aangekondig, die transaksie, om 51-persent van die SAL aan...
Bok-kaartjies verkoop in 90 minute uit
Bok-kaartjies verkoop in 90 minute uit Dit het net 90 minute geneem vir al die kaartjies om uit te verkoop vir die tweede toets tussen die Springbokke en Ierland in Durban. Die wêreldkampioen pak die span wat deur sommige beskou word as die wêreld se beste, op 13 Julie op Kingspark. Daar was ook groot...
DPM verkoop Tsumeb-smelter aan Chinese firma
DPM verkoop Tsumeb-smelter aan Chinese firma Dundee Precious Metals het Donderdag die Tsumeb-smelter aan ‘n Chinese mynmaatskappy, Sinomine Resource Group, vir 908 miljoen Namibiese dollar in kontant verkoop. DPM sê hy het ‘n definitiewe aandeelkoopooreenkoms met ‘n filiaal van Sinomine Resource Group aangegaan vir die verkoop van sy belang in die Tsumeb-smelter. David Rae, president...
Verkoop nou jou vee, pryse gaan daal
Verkoop nou jou vee, pryse gaan daal Volgens die nuutste prysverslag van die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad toon die veeprys per kilogram redelik bestendig in vergelyking met die afgelope twee maande. Die hoof van bemarking by die raad, Desmond Cloete, het met Kosmos 94.1 nuus gepraat oor die voorspelling van pryse vir die maande wat kom....
Besonderhede van SAL se verkoop dalk onthul
Besonderhede van SAL se verkoop dalk onthul Besonderhede oor die verkoop van die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan die Takatso-konsortium wat Suid-Afrika se minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan glo geheim wil hou, kan moontlik môre in ‘n parlementêre portefeuljekomiteevergadering onthul word. ‘n Hangende regsmening en die evaluering van dokumente sal die vergadering se klassifikasie as geslote...