Cosatu verwerp Eskom-ontbondeling Cosatu sê Suid-Afrikaanse werkers vrees Eskom se ontbondeling kan ‘n voorloper wees tot sy toekomstige privatisering, wat werkgeleenthede en kragtariewe kan raak. Die vakbondfederasie is erg bekommerd oor die ontbondeling, insluitend die aankondiging oor die daarstelling van ‘n transmissiemaatskappy. Cosatu se waarnemende woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle is gekant teen die Wysigingswetsontwerp...
Tag: verwerp
Pluimveevereniging verwerp voorgestelde kortings – Kosmos 94.1
Pluimveevereniging verwerp voorgestelde kortings Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging het kommer uitgespreek oor die Internasionale Handelskommissie se aanbeveling van kortings vir bevrore pluimvee-invoere om marktekorte aan te vul. Die algemene bestuurder van die vereniging, Izaak Breitenbach, beskou die kortings as onnodig en ongeregverdig, en gee die versekering van voldoende pluimveevoorrade. Breitenbach sê die vereniging staan die kortings...
Namibië verwerp eensydige VSA-sanksies teen Zim
Namibië verwerp eensydige VSA-sanksies teen Zim Die Namibiese regering vra vir die onvoorwaardelike opheffing van alle ekonomiese sanksies teen Zimbabwe. Die Verenigde State van Amerika het Maandag sanksies teen Zimbabwe se president Emmerson Mnangagwa en ander regeringsamptenareingestel. In ‘n mediaverklaring deur Peya Mushelenga, minister van internasionale betrekkinge, sê die regering hy erken nie die eensydige dwangmaatreëls...
Saftu verwerp handves oor beurtkrag
Saftu verwerp handves oor beurtkrag Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, verwerp die Veelpartyhandves se voorneme om beurtkrag te beëindig en energiesekerheid te vestig. Die elf politieke partye wat deel is van die handves, het ʼn verenigde plan voorgestel om beurtkrag eens en vir altyd te beëindig, indien hulle die ANC na die verkiesing uit...
Bosa verwerp Zille se bewerings van kaderontplooiing onder Maimane
Bosa verwerp Zille se bewerings van kaderontplooiing onder Maimane Build One South Africa vra die DA se federale voorsitter, Helen Zille, om notules van toepaslike federale uitvoerende vergaderings vry te stel om haar bewerings te staaf dat Mmusi Maimane die DA se kaderontplooiings-beleid ingestel het. Dit volg nadat Zille op sosiale media beweer het die...
Withuis verwerp Trump se stellings oor Navo
Withuis verwerp Trump se stellings oor Navo Die Withuis het opmerkings deur die voormalige Amerikaanse president Donald Trump oor die beskerming van Navo-bondgenote teen ‘n moontlike Russiese inval, verwerp as “afgryslik en onheilspellend.” Trump het by ‘n politieke saamtrek in Suid-Carolina gesê hy sal nie lidlande beskerm wat agterstallig is met hulle Navo-fooie nie. Volgens...
Bibi verwerp Hamas se voorstel
Bibi verwerp Hamas se voorstel Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Hamas se voorwaardes vir ʼn voorgestelde skietstilstand verwerp en beskryf dit as waansinnig. Die terroristegroep se voorstel sluit in dat gyselaars in drie fases vrygelaat word, dat gevegte aanvanklik vir 45 dae gestaak word en dat Israelse magte heeltemal uit Gaza onttrek. Netanyahu...
VSA-wetgewer verwerp hulppakket aan Israel
VSA-wetgewer verwerp hulppakket aan Israel Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ʼn Republikeins-geleide wetsontwerp verwerp wat hulp van meer as 331 miljard Namibiese dollar aan Israel wou gee. Altesaam 250 was daarteen en 180 daarvoor wat nie die tweederde-meerderheid gehaal het om die wetsontwerp te aanvaar nie. Die Demokratiese kongreslid, Alexandria Ocasio-Cortez, sê Amerika moet...
DA verwerp verslag oor Julie 2021-onluste
DA verwerp verslag oor Julie 2021-onluste Die DA verwerp die verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie 2021, en betwis die gevolgtrekking dat daar geen bewyse is wat dit verbind met oudpresident Jacob Zuma se gevangeneming nie. Die verslag is krities oor die staat se futlose reaksie en...
DA verwerp ‘valse aansprake’ oor oplossing van waterkrisis
DA verwerp ‘valse aansprake’ oor oplossing van waterkrisis Die DA in KwaZulu-Natal sê hy verwerp die eThekwini-burgemeester, Mxolisi Kaunda, se bewerings dat daar ‘n program van aksie is om die voortslepende waterkrisis op te los. Inwoners in gebiede soos Durban-Noord, Tongaat, Phoenix, Umhlanga en Verulam het steeds nie watertoevoer na hulle huise nie. Die munisipaliteit...