Zama-zama’s oorwegend buitelanders Die buurland se verdediging-minister, Thandi Modise, sê altesaam 4 067 verdagtes is sover op verskeie klagte rakende onwettige mynbedrywighede aangekeer, insluitend by Eskom. Die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Veiligheidsgroepering van departemente het die inligting oor die vordering met die bekamping van georganiseerde misdaad op ‘n nuuskonferensie bekendgemaak. Modise sê die regering sal nie...
Tag: zamazamas
Soldate help zama-zama’s beveg – Kosmos 94.1
Soldate help zama-zama’s beveg Drie-duisend-300 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal kragte met die polisie saamsnoer as deel van Operasie Prosper om onwettige mynbou oor alle provinsies te teiken. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, onthul die sending se fokus is ‘n verskerpte teenmisdaad-operasie. Magwenya sê hierdie ontplooiing, wat daarop gemik is om...
Valke jaag zama-zamas in Limpopo – Kosmos 94.1
Valke jaag zama-zamas in Limpopo Zama-zamas bly ‘n uitdaging in Suid-Afrika. Die Valke sê sy operasies om onwettige myn-netwerke in Limpopo te ontbloot werp vrugte af. Dit volg nadat vyf onwettige mynwerkers in hegtenis geneem is. Die polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê die verdagtes tussen 21 en 39 sal in die Mamulele-landdroshof verskyn op aanklagte dat...
Weermag moet help met zama-zamas – Kosmos 94.1
Weermag moet help met zama-zamas Gauteng se premier Panyaza Lesufi het ‘n beroep gedoen dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ontplooi word om die polisie te help om misdaad te beveg, veral dié wat met onwettige mynwerkers verband hou. Volgens die Departement van Minerale Bronne kos onwettige mynbedrywighede die ekonomie en mynsektor sowat 49 miljard Suid-Afrikaanse rand. Lesufi het die noodsaaklikheid beklemtoon dat die land die nodige...
Zama-zamas skiet op polisie tydens klopjag – Kosmos 94.1
Zama-zamas skiet op polisie tydens klopjag Die Stad Johannesburg se burgemeesters-komiteelid vir openbare veiligheid, Mgcini Tshwaku, sê hulle kan nie terugsit en toelaat dat zama-zamas die wet oortree nie en hulle gaan beslissend teen die onwettige myners optree. Tshwaku het die gemeenskap van Riverlea en omliggende gebiede besoek na ‘n onlangse skietvoorval waarby onwettige myners...
Bheki sê polisie arresteer talle zama-zamas – Kosmos 94.1
Bheki sê polisie arresteer talle zama-zamas Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê die SAPD het sy belofte nagekom om die zama-zamas se bedrywighede in Riverlea, Johannesburg te stop. Hy het die gemeenskap toegespreek en aantygings van die inwoners aangehaal wat sê die polisie het nie hulle bes probeer om die situasie reg te...
Bheki sal plan van aksie oor zama-zamas aan Cyril voorlê – Kosmos 94.1
Bheki sal plan van aksie oor zama-zamas aan Cyril voorlê Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê verskeie ministers sal môre ‘n plan van aksie teen onwettige mynbou aan President Cyril Ramaphosa voorlê. Die minister het ‘n imbizo oor onwettige mynbou in Riverlea, Johannesburg, byeengeroep om die aktiwiteit te ondersoek en stop te sit....
ANC se NUK bespreek kwessie van zama-zamas – Kosmos 94.1
ANC se NUK bespreek kwessie van zama-zamas Onwettige mynbedrywighede in die buurland gaan op die sakelys wees wanneer die ANC se nasionale uitvoerende komitee die naweek vergader. Die party se grootkoppe kom byeen na dié week se gas-lekkasie in Boksburg waarin 17 mense dood is. Sekretaris-generaal Fikile Mbalula het op ‘n nuuskonferensie gesê die vergadering...