Talle vrae oor waarde van COP28
Met president Hage Geingob wat Sondag aangekom het vanaf Dubai na hy reeds op 25 November met ‘n afvaardiging van 137 lede, met ‘n ekstra 70 sogenaamde oorspoel afgevaardigdes vetrek het, word daar vrae gevra oor die waarde van die COP28-beraad oor die algemeen, en die koste vir die Namibiese belastingbetaler. Daar was talle berigte van onderduimse aktiwiteite met Opul wat sy lede gevra het om nie toe te laat dat fossielbrandstowwe heeltemal verwyder moet word in die finale ooreenkoms nie, en die president van die beraad, dr. Sultan al Jaber, wat ‘n uitvoerende hoof van ‘n oliemaatskappy is. Daar word berig dat 70 000 afgevaardigdes by die beraad was wat ongeveer 210 000 ton koolstof-dioksied, net op hul vervoer vrygestel het maar, talle afgevaardigdes het met privaatstralers aangekom wat 100 keer meer koolstof per passasier vrystel. Verlede jaar is 100 privaatstralers in Sharm el-Sheikh aangemeld en in 2021, het 118 in Glasgow aangekom. Die beraad wat op 30 November begin het, sluit môre af.
Leave a Reply