Tamson skik oor boumateriaal
Regter Collins Parker het die saak tussen die Fishrot-beskuldigde Tamson Hatuikulipi en sy vrou Ndapandula en L.I.T. Construction gefinaliseer en van die rol geskrap. Dit kom na die partye op 28 Junie geskik het. Die saak handel oor boumateriaal. Die egpaar het op 5 November 2019, drie weke voor Tamson gearresteer is in verband met Fishrot, ‘n ooreenkoms met die konstruksiemaatskappy aangegaan. Hulle het 646 188 Namibiese dollar se boumateriaal aangekoop en laat aflewer by hul erf in Ganas-straat in Auasblick. Volgens die stukke, sal die egpaar 122 582 Namibiese dollar voor 31 Augustus betaal as finale betaling. Die ooreenkoms maak melding van die kurator se instruksies in verband met Hatuikulipi se bates wat gevries is.
Leave a Reply