Taxi operateurs moet aansoeke vir verhogings by vakbonde indien
Die president van die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie, Werner Januarie, doen ‘n beroep op sy lede en taxi operateurs om aansoeke by hom in te dien vir ‘n verhoging in die taxi-tarief. Dit kom na die verhoging in die brandstofprys die week. Januarie sê hulle het tien dae om ‘n versoek vir ‘n verhoging by die vervoerkommissie by die ministerie van werke en vervoer in te dien. Januarie sê genoeg is genoeg – die taxi-tarief is sedert die uitbreking van die oorlog in Oos-Europa nog nie een keer aangepas nie.
Leave a Reply