Telecom Namibia gaan met Napwu onderhandel
Telecom Namibia het vandag aangekondig dat onderhandelinge tussen die vakbond vir staatsamptenare, Napwu, en die Telecom-hoofbestuur oor salarisverhogings vir werknemers vir die 2022/2023-boekjaar vir 5 September geskeduleer is. Telecom het in ‘n verklaring gesê terugvoering wat Dinsdag aan Napwu se sekretaris-generaal, Petrus Nevonga gelewer is, lui dat die Telecom-raad ‘n dringende vergadering belê het. Daar is besluit op ‘n nuwe mandaat rakende salarisverhogings waarvoor terugbetaling ook beskikbaar gestel sal word wat tot 1 Oktober 2022 terugdateer. Dit volg nadat Telecom Namibia se werknemers Woensdag ‘n vreedsame betoging begin het waarin hulle salarisverhogings eis en beweer dat daar korrupsie binne die maatskappy is.
Leave a Reply