Telecom Namibia teiken aanlyn onderrig in sy sakeplan
Telecom Namibia beoog om die Nasionale Ontwikkelingsplanne en Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte te bereik deur sy geïntegreerde strategiese besigheidsplan wat pas bekendgestel is. Die uitvoerende hoof van Telecom Namibia, dr. Stanley Shanapinda, sê die landelike gebiede word agterweë gelaat, soos dit ook die norm binne die Afrika-konteks is. Hy sê volgens hul strategiese sakeplan probeer die maatskappy om die doelwitte na te kom met een van die sleutel-doelwitte aanlyn onderwys. Hy sê met die implementering van konnektiwiteit deur Telecom Namibia word aanlyn onderrig voor oë gehou.
Leave a Reply