Telecom teken verlies aan

Home Uncategorized Telecom teken verlies aan
Telecom teken verlies aan

Telecom teken verlies aan

Telecom Namibia het ‘n verlies van 12,3 miljoen Namibiese dollar voor belasting in die 2022/23-boekjaar aangeteken vergeleke met ‘n wins van 51,9 miljoen dollar in die vorige jaar. Volgens die jaarverslag is die groep se finansiële prestasie beïnvloed deur die uitdagende ekonomiese omgewing, stygende inflasie en rentekoersverhogings, plaaslike en internasionale beperkings in voorsieningskettings, wisselvallige wisselkoerse en toenemende mededinging in die telekommunikasiemark. Die maatskappy het ‘n verlies van 1,2 miljard dollar in 2021/22 gerapporteer, wat hy toegeskryf aan verouderde faktuurstelsels wat inkomste-invordering en algehele winsgewendheid beïnvloed het. 

source