Ten minste agt mense sterf op paaie
Vier mense is op slag dood nadat die sewesitplek-voertuig waarin hulle gery het kop-aan-kop met ‘n Volkswagen Polo-luikrug gebots het. Die ongeluk het 40 kilometer vanaf Otjiwarongo op die B1-pad plaasgevind. Voorlopige inligting dui daarop dat die Polo ‘n vragmotor verbygesteek het en met die sewesitplek gebots het, waarin vier passasiers omgekom het. Nog twee mense is dood in ‘n ongeluk 40 kilometer vanaf Rundu in die rigting van Murulani-hek nadat ‘n bakkie se agterband gebars en die voertuig gerol het. Ses beseerdes is na die Rundu staatshospitaal geneem. ‘n Noodlottige ongeluk is ook buite Tsumeb gerapporteer waarin ‘n pa en drie-jarige kind oorlede is. Twee voertuie was glo betrokke, maar daar is tans geen meer inligting bekend nie.
Leave a Reply