That 70s Show se Danny gaan 30 jaar tronk toe
Los Angeles se distriksaanklaer, George Gascón, sê hy lê hom daarop toe is om te verseker die Amerikaanse stad is nie langer die jagveld van Hollywood-elite wat meen hulle kan jag maak op vroue nie. Dit volg op die vonnis van 30 jaar tot lewenslank wat die akteur Danny Masterson van “That 70s Show” opgelê is vir die verkragting van drie vroue in 2003. Hy was toe op die kruin van die golf terwyl hy die karakter Steven Hyde in die gewilde televisiereeks vertolk het. Masterson is in 2017 uit ‘n ander reeks, The Ranch, geskryf toe die bewerings van verkragting rugbaar geword het.
Leave a Reply