TikTok ‘dokter’ in hegtenis
Die Gautengse Departement van Gesondheid het bevestig dat die vals dokter, Matthew Lani, by die Helen Joseph-hospitaal gearresteer is nadat hy deur veiligheidswagte betrap waar hy die fasiliteit betree het. Die 24-jarige doen hom al jare lank voor as ‘n gekwalifiseerde dokter op TikTok. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê, Lani het ‘n baadjie met ‘n keps en ‘n chirurgiese masker gedra, en ‘n stetoskoop om sy nek gehad toe hy aangekeer is.
Leave a Reply