TikTok in Italië beboet oor min beskerming vir minderjariges
Italië se mededingingsowerheid het TikTok met byna 204-million Namibiese dollar beboet en sê die uiters gewilde video-toepassing beskerm nie minderjariges genoeg nie. Die waghond sê die maatskappy het nie toepaslike meganismes ingestel om inhoud op die platform te monitor nie, veral nie dit wat die veiligheid kan bedreig van minderjariges en kwesbare mense nie. Presies dié inhoud word stelselmatig vir gebruikers heraangebied as gevolg van hulle algoritme-profiele, wat op sy beurt weer die gebruik van die sosiale netwerk laat styg.
Leave a Reply