TLU SA ondersteun boere wêreldwyd
TLU SA sê dit erken die posisie wat regoor die wêreld ingeneem word ter ondersteuning van voedselproduserende boere. Die afgelope week het kolomme trekkers paaie in Duitsland versper, wat chaos in stede en ʼn kopseer vir pendelaars veroorsaak het. Volgens die landbouliggaam het elke land sy eie uitdagings wat baie boere verhinder om volhoubaar te boer. ʼn Woordvoerder van TLU SA, Bennie van Zyl, sê boere in Suid-Afrika het te doen met ʼn tekort aan elektrisiteit, onderbenutte hawens en verwaarloosde paaie wat hulle verhinder om produkte aan verbruikers te lewer.
Leave a Reply