Toename in tradisionele owerhede moet staak
President Hage Geingob is bekommerd oor die toename in tradisionele owerhede, sowel as binnegevegte, bakleiery oor leierskap en meer by die owerhede. Die neiging kom al hoe meer voor en daar is talle aansoeke om owerhede te stig wat deur die staat betaal moet word.Geingob het sy boodskap deur middel van visepresident Nangolo Mbumba oorgedra by die jaarvergadering van die Raad van Tradisionele Leiers, wat op Swakopmund aan die gang is.
Leave a Reply