Toerismesektor in Wes-Kaap nou sterker as voor pandemie
Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die toerisme- en gasvryheidsektor bons gedurig terug, ondanks moeilike tye wat dit ondervind. Tweerigting-passasiers deur die terminale vir internasionale vlugte op die Kaapstadse Internasionale Lughawe het tussen Januarie en Augustus sterk gebly. Dié getal staan reeds op meer as 1,7-sewe miljoen, wat 107-persent meer is as jaarsyfers voor die pandemie. Wenger sê nóg ‘n hoogtepunt is dat meer as 4,3-miljoen tweerigtingpassasiers van Januarie tot Augustus deur die terminale vir binnelandse besoekers beweeg het.
Leave a Reply