Trans-Kalahari korridor weer oop na gru-ongeluk

Home Uncategorized Trans-Kalahari korridor weer oop na gru-ongeluk
Trans-Kalahari korridor weer oop na gru-ongeluk



Trans-Kalahari korridor weer oop na gru-ongeluk

Die trans-Kalahari korridor sekretariaat sê owerhede in Botswana het bevestig dat minstens twee bestuurders gesterf het in ‘n gru-ongeluk Vrydagmiddag naby Bere, waarin vyf vragmotors betrokke was. Een bestuurder is in die hospitaal opgeneem. Twee van die vragmotors was Namibies geregistreer en die ander twee is in Botswana geregistreer. Een vragmotor het tot as verbrand en sy registrasie en die identiteit van die bestuurder is nog nie bekend nie. Die ongeluk was as gevolg van swak sigbaarheid weens  ‘n brand langs die pad. Die eerste twee vragmotors het in die rook gebots en die res het toe op hulle opgestapel. Die pad is skoongemaak en weer oopgestel vir gebruik.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.