TransNamib het lof vir Shiimi se samewerking-opdrag aan vakbond

Home Uncategorized TransNamib het lof vir Shiimi se samewerking-opdrag aan vakbond
TransNamib het lof vir Shiimi se samewerking-opdrag aan vakbond

TransNamib het lof vir Shiimi se samewerking-opdrag aan vakbond

Werknemers van TransNamib het vroeër ‘n betoging gehou en ‘n petisie aan die ministerie van finansies oorhandig oor die heraanstelling van Webster Gonzo as die onderneming se uitvoerende hoof van menslike hulpbronne. Hulle het ‘n beroep op TransNamib-bestuurders gedoen om die aanstelling te heroorweeg aangesien Gonzo van nalatigheid en begunstiging beskuldig word. Finansminister Ipumbu Shiimi het geantwoord dat TransNamib met die vakbonde moet saamwerk. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abigail Raubenheimer, TransNamib se woordvoerder, wat sê hulle sal voortgaan om met die vakbonde saam te werk oor werknemersaangeleenthede.

source