Trump loop voor met fondsinsamelings maar Biden wen hulle almal – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Trump loop voor met fondsinsamelings maar Biden wen hulle almal – Kosmos 94.1
Trump loop voor met fondsinsamelings maar Biden wen hulle almal – Kosmos 94.1



Trump loop voor met fondsinsamelings maar Biden wen hulle almal

Die syfers is in vir fondsinsamelings deur sommige van die presidensiële kandidate vir die Republikeinse-party. Donald Trump loop voor met 35 miljoen Amerikaanse dollar wat in die tweede kwartaal ingesamel is, teenoor 18,8 miljoen dollar in die eerste kwartaal. Ron DeSantis het 20 miljoen dollar ingesamel met Mike Pence wat ook verklaar het, met ‘n skamele 1,2 miljoen dollar. Dit is nie bekend of Pence die nodige drumpel bereik het om te kwalifiseer vir die groot debat tussen die kandidate wat vir volgende maand beplan word of nie. Intussen het President Joe Biden, vir die Demokrate, 72 miljoen dollar in die tweede kwartaal ingesamel vir sy veldtog met die gemiddelde bydrae op net 39 dollar per skenker. Volgens Amerikaanse media is dit die hoogste getal ooit deur ‘n Demokraat ingesamel.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.