Trump probeer weer om aanklagte te laat uitgooi
Donald Trump het ‘n appèlhof in Washington DC gevra om aanklagte dat hy probeer het om die 2020-verkiesing te ondermyn, uit te gooi. Dit is die nuutste van ‘n reeks regsmaneuvers deur die voormalige president se prokureurs. In ‘n aansoek in die DC appèl-kringhof het Trump se prokureurs aangevoer dat hy wetlik verskans is teen aanspreeklikheid vir sy aksies terwyl hy president was. As die verkiesings-inmenging saak vertraag word, en Trump wen die verkiesing soos huidige peilings suggereer hy kan, kan die voormalige president beveel dat alle federale aanklagte teen hom teruggetrek word.
Leave a Reply