Trump sit Woensdag-debat uit, reeds gewild genoeg
Voormalige Amerikaanse President Donald Trump sê hy sal nie die komende Republikeinse debat bywoon nie. Hy sê sy voorsprong is reeds so groot dat hy reeds bekend en geliefd onder kiesers is. Die debat vind Woensdagaand in Milwaukee, Wisconsin, plaas. ‘n CBS-peiling toon dat hy die voorkeurkandidaat vir 62 persent van Republikeinse kiesers is, met sy naaste mededinger, Florida-goewerneur Ron DeSantis op 16 persent. Alle ander kandidate het minder as 10 persent steun.
Leave a Reply