Trump vat New Hampshire
Met net meer as 50 persent van die stemme wat in New Hampshire in die VSA in die primêre stemmery vir die Republikeinse presidentskandidaat, is Donald Trump reeds as wenner verklaar deur verskeie nuuskanale in die land. Hy het reeds rondom 55 persent van die stemme op hom verenig teenoor Nikki Haley se net onder 44 persent. Haley het reeds aangekondig dat sy nie sal uittree nie en voort sal gaan met haar veldtog. Intussen het president Joe Biden in die Demokratiese stemmery meer as 80 persent op hom verenig. Dit wil voorkom asof November wel ‘n Trump-Biden wedloop sal wees.
Leave a Reply