Trustco gedwing om aansoek te bring om NamRA te laat antwoord
Die hoë-profiel saak tussen die Trustco-groep en die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, kom vandag voor regter Shafimana Ueitele vir ‘n statusverhoor voor. Die saak het betrekking tot NamRA wat kennisgewings uitgereik het waardeur hy bankrekeninge van die Trustco-groep wou blokkeer het in ‘n poging om meer as 305 miljoen Namibiese dollar in te samel in belasting en rente. Die kennisgewings is op 8 November na ‘n verhoor teruggetrek. Trustco het die dringende aansoek saam met 43 aansoekers in die hoërhof gebring. In ‘n bevel deur Ueitele, na ‘n ooreenkoms tussen die partye, sal NamRA die kennisgewings wat hy uitgereik het terugtrek en geen nuwe kennisgewings uitreik nie, hangende die uitkoms van ‘n aansoek waarin Trustco die hof vra om verskeie bepalings van die belastingwetgewing ter syde te stel. Trustco sê van die bepalings is ongrondwetlik. Volgens stukke sê Trustco hy is gedwing om ‘n interlokutêre aansoek te bring om die respondente te dwing om te antwoord op sy stukke.
Leave a Reply