Tshwane swartlys almal wat met Rooiwal-aanleg betrokke was
Die Stad Tshwane gaan maatskappye en individue betrokke by die onvoltooide fase een-opgraderings aan die Rooiwal-watersuiweringsaanleg, op ‘n swartlys sit. ‘n Gesamentlike onderneming het die kontrak in Oktober 2019 gekry, maar nie aan sy verpligtinge voldoen nie. Die betrokkenes het 14 dae kans gekry om te reageer. Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê die gesamentlike onderneming, sy aandeelhouers en direkteure, insluitend Edwin Sodi wat by staatskaping betrek word, sal vir vyf jaar nie met die stad mag sake doen nie:
Leave a Reply