Tsjad stem vandag, eerste keer in 10 jaar
Tsjadiërs stem vandag vir die eerste keer in meer as ‘n dekade in parlementêre, streeks- en munisipale verkiesings. Amptenare in N’djamena sê die verkiesing sal ‘n oorgangstydperk van drie jaar formeel beëindig wat gevolg het op die dood van die jarelange leier Idriss Deby Itno in 2021 en die oorname deur sy seun, Mahamat Idriss Deby, wat as die land se president bevestig is ná ‘n verkiesing in Mei. Baie opposisiepartye boikot egter die verkiesing. Die land is geen vreemdeling vir staatsgrepe of onderdrukkende regerings nie en word sedert 1991 deur die Deby-familie regeer.