Tsjeggiese burger wat vermoedelik smokkel, aangekla maar nie gearresteer nie – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Tsjeggiese burger wat vermoedelik smokkel, aangekla maar nie gearresteer nie – Kosmos 94.1
Tsjeggiese burger wat vermoedelik smokkel, aangekla maar nie gearresteer nie – Kosmos 94.1



Tsjeggiese burger wat vermoedelik smokkel, aangekla maar nie gearresteer nie

Die veteraan joernalis Dirk Heinrich, sê die 50-jarige Tsjeggiese burger wat op 23 Mei vanjaar in Wene vanaf Addis Abeba aangekom het en betrap is met 85 geitjies, twee slange en twee skerpioene, nog nie gearresteer is nie. Heinrich sê dit is deur die woordvoerder van die Oostenrykse finansministerie bevestig. Geen verdere inligting is verskaf nie en dus, sê Heinrich, is dit onmoontlik om uit te vind waar en vir hoe lank die verdagte in Namibië gebly het, waar hy ‘n voertuig gehuur het, en of hy voorheen in die land was. ‘n Saak is teen die man geopen omdat hy met die diere die land ingekom het en hul nie verklaar het nie. Indien skuldig, kan die vermeende smokkelaar beboet word met dubbel die waarde van die diere wat op 46 800 euro, of 955 000 Namibiese dollar vasgestel is. Volgens Heinrich is die diere in die Dorob Nasionale Park gesteel nadat hy foto’s gesien het. Hy sê van die diere is endemies aan Namibië en vermoed die man het vanaf Windhoek na Addis gevlieg. Sou hy reg wees, sal dit nie die eerste keer wees wat skandering by Hosea Kutako misluk het nie. In 2016 het ‘n Chinese burger dit reggekry om 18 renosterhorings by die lughawe uit te smokkel om op sy aankoms in Johannesburg gearresteer te word. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.