Tennis: Tunisiër Jabeur deur na halfeind in Wimbledon
Tennis: Ons Jabeur van Tunisië het die heersende kampioen, Elena Rybakina van Kazakstan, in drie stelle geklop om deur te dring na die halfeindronde van die Wimbledon-toernooi in Londen. Jabeur kom volgende te staan teen Aryna Sabaleka van Belarus, wat Amerikaner Madison Keys in skoon stelle uitgeskakel het. In die ander halfeindstryd-kragmeting sal Elina Svitolina Oekraïne môre meeding teen die Tsjeg Markéta Vondroušová.
Leave a Reply