Turkye spreek sy steun uit vir Sirië se oorgang
Die nuwe administrasie in Sirië moet die geleentheid gegun word om te regeer na hulle opbouende uitsprake. Dit was die boodskap van die Turkse minister van Verdediging, Yasar Guler. Volgens hom is Turkye gereed om militêre opleiding te verskaf indien dit versoek word. Turkye is ʼn lid van Navo en het die Siriese rebelle gesteun wat president Bashar al-Assad verlede naweek omvergewerp en daarmee ʼn burgeroorlog van 13 jaar beëindig het. Turkye het sy ambassade in Damaskus Saterdag heropen, twee dae nadat sy intelligensiehoof die Siriese hoofstad besoek het.