Twee Angolese vas met ietermagô-velle
Die Outapi-polisie sê twee Angolese burgers, 30 en 41 jaar oud is agter tralies na hulle die land onwettig binnegekom het en met ietermagô-velle gevind is. Hulle is vasgetrek deur middel van ‘n intelligensie geleide operasie. Hulle het twee ietermagô-velle en 57 skubbe tydens hulle arrestasie in hulle besit gehad. Hulle het gepoog om dit aan geheime polisie te verkoop. Die ondersoek duur voort.
Leave a Reply