Twee by Tsumkwe vas vir N$133 500 se dagga
Die polisie op Tsumkwe het twee verdagtes op die Tsumkwe/Mangetti C44-roete gevang met skunk-dagga ter waarde van 133 500 Namibiese dollar. Volgens die mag is die twee, 24 en 32 jaar oud, deur middel van ‘n intelligensie-gedrewe operasie in ‘n lokval gevang. Die dwelms is onder die agtersitplek van die Toyota RunX waarin hulle gereis het, gevind. Hulle sal vandag na verwagting in die Tsumkwe-landdroshof verskyn.
Leave a Reply