Twee mans sterf in ongeluk met BBP-voertuig
‘n Noodlottige ongeluk het vroeër vandag tien kilometer buite Otavi op pad na Tsumeb op die B1-hoofweg plaasgevind wat die lewens van twee mans geëis het. Die Namibiese polisie se streeksbevelvoerder in die Otjozondjupa-streek kommissaris Heinrich Tjiveze, het bevestig dat ‘n regerings-voertuig van die BBP-beskermingsdirektoraat wat van ‘n noordelike na suidelike rigting gery het, in ‘n ongeluk betrokke was met ‘n voertuig waarin vier mans was. Twee mans het op die toneel beswyk en die ander twee het beserings opgedoen wat eers na die Otavi-kliniek geneem en daarna na die Otjiwarongo-staatshospitaal vervoer is
Leave a Reply