Twee verdrink by Henties
‘n Tragedie het hom aan die kus afgespeel toe twee mense by Hentiesbaai verdrink het, reg aan die begin van die feesseisoen. Inligting is nog skraps, maar volgens Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheid-inisiatief is ‘n soek-en-redding noodroep ontvang, wat intussen verander het na ‘n soek-en-terugkryging operasie. Oosthuizen sê duikers van Nampol en die vloot is op pad om na die liggame te soek. Volgens Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers op Facebook is die oorledenes twee jongmense. Seestrome en deinings is tans sterk langs die kus en vakansiegangers word gewaarsku om versigtig te wees in die see.
Leave a Reply