Tweede man vas by lughawe vir versteekte kokaïen
Die Namibiese polisie sê ‘n tweede man, ‘n Angolese burger is Saterdag by Hosea Kutako Internasionale Lughawe gearresteer nadat hy 67 pakkies kokaïen op sy liggaam versteek het. Sy eindpunt was Windhoek. Die man, 49 jaar oud, sal vandag in die Katutura-landdroshof verskyn. Die mag sê die arrestasie is ‘n bron van groot kommer omdat nog ‘n man Donderdag met 85 kapsules kokaïen wat hy gesluk het, ook op die lughawe gearresteer is. Die polisie vra die publiek se hulp om die koper van die dwelms, wat duidelik plaaslik is, te identifiseer.
Leave a Reply