Unam gaan groen met vennote
Die Universiteit van Namibië gaan teen die einde van die eerste kwartaal vanjaar voordeel trek uit ‘n sonkragprojek met ‘n geïnstalleerde sonkrag-fotovoltaïese-kapasiteit van 3,68 megawatt. Die universiteit se sakearm, Alens, en Inceptus Holdings het ‘n finansiële ooreenkoms met die Ontwikkelingsbank van Namibië en Old Mutual onderteken vir die projek se bevondsing. Die hoof van alternatiewe beleggings by Old Mutual, Christoff Bauernschmitt, sê die projek strook met hul korporatiewe volhoubare doelwitte.
Leave a Reply