Unesco Parys betaal minister se reis – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Unesco Parys betaal minister se reis – Kosmos 94.1
Unesco Parys betaal minister se reis – Kosmos 94.1



Hoër onderwysministerie: Unesco Parys betaal minister se reis

Die ministerie van hoër onderwys het pas in ‘n mediaverklaring bevestig dat Unesco in Parys, Frankryk, die minister, dr. Itah Kandjii-Murangi, se reis na New York in die VSA ten volle betaal het. Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, sê ook daar is niks vreemds aan die reisgeld wat aan die minister betaal is nie. Nust het bevestig dat hy op 3 Februarie 140 600 dollar aan reiskoste aan die minister betaal het. ‘n Storm het om haar kop losgebars nadat die AR-leier Job Amupanda beweer het dat die minister 1,5 miljoen Namibiese dollar se reiskoste van drie staatsinstellings en van Unesco geëis het. Nust-woordvoerder, John Haufiku, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat daar niks fout is om hulp aan die ministerie te verleen nie…



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.