Uraanmyne en die verbod op uitvoere van kritiese rou materiaal
Plaaslike berigte lui dat die regering se verbod op die uitvoere van kritiese rou materiale ‘n geleentheid vir beide Husab- en die Rössingmyne bied. Maar, daar is kommer oor tegnologie en vaardighede wat kortskiet in die land. Op die oomblik word uraan-oksied uitgevoer sonder enige verwerking. Volgens Shaan van Schalkwyk, die finansiële hoof by Rössing is die volgende stap omskakeling van die produk, wat of plaaslik of elders gedoen kan word. Hy sê daar is beslis tegnologie wat op die mark kom wat kernkrag modulariseer sodat dit nie so groot hoef te bou te wees soos kernkrag voorheen was nie. Hy meen ook dis iets wat Namibiërs moet oorweeg, al is dit net ‘n een-gigawatt-reaktor.
Leave a Reply