Uutoni se verhogings vir plaaslike owerhede maak geen sin nie
Die IPC sê dit maak geen sin dat die ministerie van stedelike ontwikkeling toelaagverhogings van tussen 15 en 25 persent vir burgemeesters en raadslede by plaaslike owerhede goedgekeur het nie. Die aankondiging kom op ‘n tyd wanneer ‘n taakmag aangestel is om ondersoek in te stel oor hoekom plaaslike owerhede nie hul skuld by NamPower en NamWater kan betaal nie, en ook, terwyl inwoners onder erge finansiële druk verkeer en sukkel om hulle eie rekenings te vereffen. Die lynminister, Erastus Uutoni het verhogings van 15 persent vir munisipale rade goedgekeur, met 20 persent vir stadsrade en 25 persent vir dorpsrade. Kosmos 94.1 Nuus het met IPC-woordvoerder Imms Nashinge gepraat, wat sy misnoeë oor die swak dienste by plaaslike owerhede uitgespreek het…
Leave a Reply