Valencia sal nie laaste wedren van MotoGP-seisoen aanbied

Home Uncategorized Valencia sal nie laaste wedren van MotoGP-seisoen aanbied
Valencia sal nie laaste wedren van MotoGP-seisoen aanbied

Valencia sal nie laaste wedren van MotoGP-seisoen aanbied

Motorsport: Valencia sal nie die laaste MotoGP van die seisoen aanbied nie weens die verwoestende oorstromings in die ooste van Spanje. Dit sou op 17 November plaasgevind het. Die organiseerders sê ‘n nuwe gasheer sal so gou moontlik aangewys word. Baie van die top MotoGP-jaers het gevra die wedren moet van Valencia af verskuif word na die vloede waarin minstens 205 mense dood is. Oorstromings het dorpe verwoes, brûe laat ineenstort en die strate vol modder gelaat in Spanje se grootste ramp van sy soort in dekades.

source