Valke konfiskeer 11 sakke dwelms op OR Tambo
Die Valke het op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg beslag gelê op elf sakke wat ‘n onbekende dwelmmiddel bevat. Die polisie het ‘n wenk ontvang oor ‘n besending van Duitsland wat as onderdele na Suid-Afrika versend is. Dit sou deur ‘n koeriermaatskappy afgehaal word. Die sakke dwelms van sowat 25 kilogram, het ‘n straatwaarde van 1,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Volgens die Valke moet laboratoriumtoetse nog gedoen word om te bepaal watter dwelmmiddel dit is.
Leave a Reply