Vanjaar se Comrades-marathon kortste ooit
Vanjaar se Comrades-marathon sal die kortste in die geskiedenis wees. Die op-wedloop van Durban na Pietermaritzburg sal Sondag die negende Junie oor ‘n afstand van 85,91-kilometer gehardloop word. Dit is sowat 820-meter korter as die laaste op-wedloop in 2019. Die organiseerders sê vanjaar se byeenkoms moes padwerke by die Umlaas-wisselaar in ag neem. Hulle het atlete aangeraai om lank voor die wegspring, half-ses die oggend, reeds by Durban se stadsaal te wees om verkeersopeenhopings te vermy.
Leave a Reply