Veeboere moet registreer, vra Vleisraad
Die Vleisraad van Namibië doen ‘n beroep op veeboere om hul veehandelsmerke en kuddebesonderhede voor 31 Oktober by te werk. Desmond Cloete, die raad se woordvoerder, sê elke veeprodusent moet volgens wet by die raad registreer om ‘n produsentenommer te kry. Dit is volgens hom hul kaartjie om aan die formele mark deel te neem, wat beteken dat hulle hul beeste na ‘n plaaslike veiling of ekspo kan neem, en ook vee kan in- of uitvoer. Die produsentenommer is ook deel van naspeurbaarheid, om die bees-inname in die hande te kry en om op te spoor waar beeste vandaan kom en waarheen hulle gaan.
Leave a Reply