Veediefstal: Samewerking is uiters belangrik, meen goewerneur
Die PDM-parlementslid Vipuakuje Muharukua het in die Nasionale Vergadering ‘n mosie voorgestel om die groot uitdaging van veediefstal die hoof te bied. Hy het ook gevra dat ‘n staande komitee aangestel word om die plaag verder te ondersoek, want volgens hom is die bestaande wette teen veediefstal ontoereikend en hy lê die misdaad voor onwettige immigrante se deur. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Kavango Oos-streek Bonifatius Wakudumo gesels. Hy sê samewerking is uiters belangrik.
Leave a Reply