DA: Veiligheid onseker oor onwettige mynwerkers
Die DA in Johannesburg sê hy sal nie toelaat dat die minister van polisie, Bheki Cele, politieke speletjies speel met die veiligheid en sekerheid van die mense van Riverlea in die suide van Johannesburg nie. Die DA-lid, Solomon Maila, sê inwoners het genoeg gehad van die polisie se ondoeltreffendheid. Hy sê hulle word gedwing om dodelike vuurwapen-geweld te trotseer, hoofsaaklik van die onwettige mynwerkers.
Leave a Reply