Venaani is niks beïndruk met aanpassings aan Kieswet nie
Presidente in Afrika het te veel mag, volgens die PDM-leier McHenry Venaani, wat in die Nasionale Vergadering gereageer het op die wysiging van Artikel 5 van die Kieswet, wat deur stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni ter tafel gelê is. Volgens Venaani behoort die president nie soveel mag oor verkiesings te hê nie en moet die Nasionale Vergadering ook ‘n sê hê. Venaani het bygevoeg dat die president nou die datums van verkiesings kan bepaal, wat die geloofwaardigheid van die Verkiesingskommissie erodeer.
Leave a Reply