Venaani soek verslag oor August 26, of …
Die leier van die amptelike opposisie, PDM-president McHenry Venaani, is nie gelukkig nie, oor die publikasie van die forensiese ouditverslag oor die sake van August 26 Holding Company wat net nie gebeur nie. Die party sê in ‘n verklaring Venaani het die afgelope ses jaar die belangrikheid van aanspreeklikheid in die bestuur van openbare fondse beklemtoon. Venaani versoek die ouditeur-generaal se kantoor om die ouditverslag teen 11 April te publiseer. Sou hierdie spertyd verbygaan, sal hy die Anti-Korrupsie Kommissie nader om die onnodige vertraging in die deel van hierdie kritieke inligting met Namibiërs te ondersoek. Roberto Dirkse, Venaani se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Leave a Reply