Venus-put: 5 miljard vate ru-olie
Voorlopige uitslae van ‘n produksietoets op TotalEnergies se Venus-put in die Oranje-bekken lyk belowend. Volgens Upstream Online dui die vroeë verslae op ‘n potensiële 5 miljard vat-ontdekking. Die Venus-1X-eksplorasieput is aan die begin van Desember 2021 geboor met die Maersk Voyager-vaartuig. Die Venus-ontdekking is ‘n ligte olie- en geassosieerde gasveld, geleë in die Oranje-bekken, sowat 290 kilometer van die suidelike kus van Namibië op ‘n diepte van ongeveer 3 000 meter. Daar is vroeër berig dat meer as 10 miljard vate in die bron is maar, die toetse is nog nie voltooi nie.
Leave a Reply