Verdagte vas na Nairobi-ontploffing
Die Keniaanse polisie sê hulle het die hoofverdagte in hegtenis geneem na die dodelike gasontploffing wat verlede week in ‘n digbevolkte gebied van Nairobi voorgekom het. Altesaam ses mense het hul lewens in die ramp verloor en sowat 280 is beseer toe ‘n vragmotor gelaai met gasbottels laat Donderdag in Embakasi, in die suidooste van die Keniaanse hoofstad, ontplof het. Kenia se direktoraat van kriminele ondersoeke sê die verdagtehedie gasdepot gehuur. Amptenare van die Nasionale Omgewingsbestuursagentskap is daarvan beskuldig dat hulle verkeerdelik ‘n lisensie gegee het vir die aanleg in so ‘n digbevolkte gebied.
Leave a Reply