Verenig om te ontwikkel, hoor Karas inwoners
Inligtings-minister Peya Mushelenga het die inwoners van die ||Kharas-streek aangemoedig om te verenig om ten volle aan die waardeketting van die groenwaterstofprojek deel te neem. Hy het die oproep gedoen by die amptelike bekendstelling van die streekveldtog vir nasionale simbole in Oranjemund. Hy het gesê Namibiërs moet oor sektore heen saamwerk, oor gemeenskappe en oor grense heen om die ontwikkeling van die streek te realiseer. Mushelenga het egter gekwalifiseer dat eenheid nie net oor ekonomiese welvaart gaan nie, maar om ‘n samelewing te skep waar elke individu gewaardeer, gerespekteer en ingesluit voel.
Leave a Reply